Paralimpiese Somerspele 2012

XIVe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2012

Gehou in Londen, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande 164
Deelnemende atlete 4 302 (2 779 mans, 1 523 vroue)
Items 503 in 20 sporte
Openingseremonie 29 Augustus 2012
Sluitingseremonie 9 September 2012
Amptelik geopen deur Koningin Elizabeth II
Atlete-eed Liz Johnson
Beampte-eed Richard Allcroft
Olimpiese vlam Margaret Maughan
Vorige Spele 2008: Beijing (China)
Volgende Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)

Die Paralimpiese Somerspele 2012 (Engels: 2012 Summer Paralympics) is tussen 29 Augustus en 9 September 2012 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 302 atlete uit 164 nasies aan 503 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 14de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.

Die Olimpiese Stadion in Londen

Die Spele is amptelik deur koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk geopen. Dit is die eerste Paralimpiese Spele wat deur die koningin geopen is. Die Spele van 1984, wat gesamentlik deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika aangebied is, is deur Prins Charles en Ronald Reagan geopen.

Die Olimpiese Somerspele 2012 is tussen 27 Julie en 12 Augustus in Londen gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search